Bang vir Kobus

Ek kyk nou die dag na 'n video, "Johnny en die Maaiers" wat handel oor die geskiedenis van Afrikaanse Rock musiek.  Dit was in die dae toe die Onheilige Drie-Eenheid nl; die Afrikaner Broederbond, die Nasionale Party en die NG Kerk in bewind was in Suid Afrika en Apartheid met 'n ystervuis onderhou het.  'n Verlede wat geen godsdienstige groep wat met die ideologie omgegaan het op trots kan wees nie.  Dit het natuurlik tot gevolg gehad dat die Nasionale Party na Apartheid deel geword het van die ANC en dat die NG Kerk in 'n toestand van verval is.  

Tog met ongelukkigheid kan genoem word dat die Afrikaner ook nie werklik goed daarvan afgekom het nie, met baie wat nog met die Apartheids ideologie gebreinspoel is en begin vasgryp het aan nog 'n groter godsdienstige dwaling.  Hierdie dwaling is 'n afwatering van wat die teologie regtig moet wees en die kerke het ook meer begin beweeg in die rigting van die Middel-eeuse Katolieke Kerk, met 'n rangorde van engele en duiwels wat hulle teenstaan.

Skokkend het die blitsverkoper boeke in die Christelike gemeenskap die goed geword wat nie eers naby 'n drukpers toegelaat moes gewees het nie.  Rebecca Brown MD, Mary K. Baxter, Rodney Seale, FJ Havenga, Amanda Buys en ook die nalatenskap van Kobus Jonker.  Ons het 'n toeloop van boeke wat persoonlike onderhoude gehad het met Jesus, wat die hemel bessoek het, en ook die hel.  Dan ook, hoe om duiwelaanbidders en dwalinge uit te ken.

Dit is die nalatenskap van Apartheid, maar ook die ingevoerde Amerikaanse teologie wat bedoel is om geld te maak en niks te doen het met die ewigheid en saligheid nie.  Dit is afpersing met dreigemente, dat as jy nie deel van hulle word nie gaan jy hel toe.

Nou my vraag; wie is nog bang vir Kobus?  Wie luister eerder Jurie Els en Kurt Darren as na Koos Kombuis en Karen Zoid.  

Dis tyd om die vrees te stop.  Dis nie meer nodig om bang te wees vir Kobus nie.  Hy is in elk geval afgetree.  Sy Okkulte Eenheid is onwettig en ontbind.

Comments

Popular posts from this blog

The Use of Fear by those in Authority